AFGRI Verhandeling
het meesterooreenkomste vir sy kliënte en produsente
van graan landswyd ingebring.
Die meesterooreenkomste vervang talle afsonderlike
ooreenkomste met individuele produsente en kliënte.
Die belangrike voordele wat dit bied is die standaardisering
van kontrakbepalings en -voorwaardes tussen AFGRI
Verhandeling en die party waarmee hulle besigheid
doen en vinnige en doeltreffende omkeertye van kontrakadministrasietye.
Wouter Mentz, Afgri Verhandeling en Logistiek se UH,
sê, “Met ’n staande meesterooreenkoms
hoef produsente en kliënte in die toekoms nie
elke kontrak afsonderlik te onderteken nie. Individuele
en ad-hoc-bevestigings sal deur middel van die telefoon,
faks of e-pos gedoen word en die produsent of kliënt
kan die bevestigingsmetode kies.
Die individuele kontrakte wat dié innovering
vervang, is gewoonlik vyf bladsye elk, so die meesterooreenkoms
sal ook tyd spaar en meer kostedoeltreffend as die
huidige kontrakstelsel wees. Mentz is van mening dat
die meesterooreenkoms deur Afgri Verhandeling se sakevennote
verwelkom sal word aangesien dit wesenlike voordele
sonder enige nadeel bied.
Ten einde die meesterooreenkoms so doeltreffend moontlik
bekend te stel, stel Afgri Verhandeling dit aan die
mark bekend deur ’n kompetisie vir produsente
en kliënte.
Die kompetisie neem die vorm aan van ’n gelukkige
trekking en deelnemers staan die kans om wonderlike
Alva- en Cadac-gasbraaiers ter waarde van R40 000
te wen. Die eerste prys is die Alva Le Classique G615-braaier
en die tweede prys is twee Alva Rosso G110-braaiers,
en die vyf derde pryse is Cadac Patio Host Supreme-braaiers.
Die kompetisie sal middel Oktober 2006 van stapel
gestuur word en tot 15 Januarie 2007 duur en die trekking
sal op 31 Januarie 2007 plaasvind.
|